VERLEDE naweek haal onse Cabo Tormentoso weer sy wildste streke uit, en die Kaap die Goeie Hoop verander in ’n ommesientjie in ’n stormgemors wat die Portugese seevaders 500 jaar gelede al laat skrik het. Ou seemanne in watergrafte bid dat hulle nooit weer om die Stormkaap hoef te seil nie.
Maar ons het die wind en reën op die enigste manier hanteer: Lê lepel en slaap só terwyl die geurige sop in die pot boontjies sag word. Jy kan ’n gedig skryf oor lepel in die bed lê wanneer ’n storm woed.
Mies Pikeur het grootgeword op ’n regte ou koperbed: plank, matras, onderlaken, gestrykte lakens, leeukomberse, vier suiwer katoenslope oor verekussings, en een luukse sybokhaar-wollie. Bo-oor kom die dik blou Indiese katoendeken...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.