EK lees nou die dag in ’n koerant hulle gaan met mening op haweloses toeslaan. Dis verblydend om te sien wet en orde gaan seëvier. Jy kan sê wat jy wil van rowers, druglords en Markus Jooste, mens sien hulle nooit soos ’n booswig op ’n winkelstoep slaap nie.
Die wetstoepassers se tydsberekening kon nouliks beter gewees het. Dit val saam met die snerpende koue van die afgelope week of wat. Die koue is aansienlik minder snerpend wanneer mens in ’n huis bly, maar mens kan darem die storms en goed op TV of jou selfoon volg.
’n Recap, vir dié wat vergeet het: Die polisie het al destyds met die eerste Covid-lockdown hulle toewyding aan reg en geregtigheid onderstreep toe hulle drawwers op die strand in hegtenis wou neem. Die drawwers het lag-lag onder hulle uitgeseil, maar hulle voornemens was edel en dis mos wat tel...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Sal Bob my ma in die hiernamaals herken?