G’N MESSIAS NIE
Sal Bob my ma in die hiernamaals herken?
Met dié dat Bob Dylan onlangs 81 jaar oud geword het, dink TINUS HORN terug aan sy konsert wat hy in 2005 in Londen bygewoon het. En hy droom hy sou sy ma hemel toe kon bel, maar het die nommer verloor.
G’N MESSIAS NIE
Sal Bob my ma in die hiernamaals herken?
Met dié dat Bob Dylan onlangs 81 jaar oud geword het, dink TINUS HORN terug aan sy konsert wat hy in 2005 in Londen bygewoon het. En hy droom hy sou sy ma hemel toe kon bel, maar het die nommer verloor.
Deel
EK droom nou die aand ek sou my ma hemel toe kon bel, maar ek het die nommer verloor. Dis nou in die droom. In die regte lewe het hulle my geblok.
Die droom het saamgeval met Bob Dylan se verjaardag. Hy is 81, die ouderdom waarop my ma uitgeklok het. My ma was baie trots, die keer toe sy op TV sien sy het Charles Atlas, ’n fiksheidsmaniak, verbygesteek. Hy’s op 78 die ewigheid in.
By my ma se roudiens, 15 jaar gelede, het die predikant mooi goed van haar gesê. Sy was ’n liefdevolle ma en ouma en al daai, sonder ’n krieseltjie gemeenheid in haar hart, ensovoorts. Dit het my tot diepe nadenke gestem. Hoe het my ma, tussen die weldade onder die siekes en armes waarvan die prediker gepraat het, tyd gevind om 30 Stuyvesants op ’n dag te rook en al daai reruns van The Jerry Springer Show te kyk?..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Tinus Horn
SkrywerTinus skryf novels en maak prentjies. Hy was 'n ruk lank sportredakteur by die oorspronklike Vrye Weekblad.