×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
Phala Phala word Cyril se Nkandla

MAAK REG VIR HEELWAT ROU RIOOLVULLIS

Phala Phala word Cyril se Nkandla

Cyril Ramaphosa gaan dalk #Dollargate oorleef, maar sy aansien en gesag is permanent ondermyn. Hy het 'n lat vir sy eie gat gesny. Sy wittebrood met die Suid-Afrikaanse publiek is verby. Daar is selfs 'n kans dat hy nie in Desember as president van die ANC herkies gaan word nie, skryf MAX DU PREEZ (met 'n koue rilling langs sy ruggraat af).

NIKS minder nie as 'n erkenning van die growwe oordeelsfoute wat hy gemaak het en die aanwys van sondebokke vir wie hy geloofwaardig die skuld kan gee vir wat in 2020 op sy plaas gebeur het en wat daarop gevolg het, gaan Cyril Ramaphosa se politieke loopbaan red.

Gister se presidensiële begrotingsrede in die parlement het sy verswakte posisie uitgewys. Dit was 'n sterk rede met goeie nuus oor die ekonomie en die energiesektor en heelwat groen lote, maar dit is heeltemal deur die chaotiese optrede van die EFF oorheers.

Soos die DA-leier, John Steenhuisen, in die debat gesê het: Phala Phala is vinnig besig om Ramaphosa se Nkandla te word...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 November af sal jy ’n subskripsie kan uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.