Uiteindelik! Die ANC het ’n oplossing vir alles

HOERA

Uiteindelik! Die ANC het ’n oplossing vir alles

Die Regerende Party sit mushrooms in die water om ons te help met ons angs oor die oorlog, natuurrampe, Covid wat weer opvlam, en Carl Niehaus se aanskyn, skryf TINUS HORN.

DIT het die ANC-regering 28 jaar gekos om ’n plan te bewimpel wat nie met boewery of diefstal gepaard gaan nie, maar hier het ons dit nou: Hulle sit magic mushrooms in ons water. Nee, rêrig. Dis glo ál manier om die angstigheid te besweer wat oral heers, weens oorlog, natuurrampe, Covid wat weer opvlam, en Carl Niehaus se aanskyn.

Hoor hier, dit het niks met Carl se onlangse gekkighede uit te waai nie. Hy lyk nog maar altyd so.

Ewenwel, die rede waarom ek oornag soveel respek vir ons president en sy trawante ontwikkel het, is die feit dat mens nie groot geld uit daai soort sampioene kan maak nie. Hulle groei wild waar mens ook al perde of beeste aantref. Meer spesifiek, perdemis of beesmis, so, as jy jou eie wil oes, stel ek voor jy spoel hulle mooi af voordat jy hulle in ’n mengelslaai opdis by ’n familiepiekniek. Daar is mos altyd ’n oom of tante wat fout vind met die kos...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.