Daar skei Steve toe die skape van die bokke

BOERESPORT

Daar skei Steve toe die skape van die bokke

TINUS HORN wonder hoe Suid-Afrika daar sou uitgesien het as die eerste vrye verkiesing 28 jaar gelede nooit plaasgevind het nie. Sou Steve Hofmeyr in beheer van sake gestaan het? Hy is immers die nie-amptelike segsman vir almal wat aan geheueverlies ly. En hoe werk Steve se kop oor die mens-dier-vermoede en al die plustonele?

EK het al weer ’n vakansiedag misgeloop, wat natuurlik maklik gebeur wanneer mens werkloos is. Ek het dus amper ’n kans verspeel om ’n vraag te stel waaroor ek lankal tob, maar, ag, in my lewe is twee dae laat nog betyds. Vryheidsdag is immers nogal ’n ding.

Die vraag kom elke keer by my op wanneer die een of ander wysgeer in ’n kroeg of op Facebook of enige ander plek ’n traantjie, letterlik of figuurlik, wegpink uit verlange na die goeie ou dae wat, sover ek kan onthou, nogal ’n stink affêre was.

Dis nou die dae voor die eerste vrye verkiesing, 28 jaar gelede. Ek wil liewer niemand aan daardie dae herinner nie. Want, ai...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.