JV van U. skryf: Ek besit ’n klein onderneming wat rolstoele uitverhuur vir gebruik deur die bejaardes van ons nedersetting in landelike KwaZulu-Natal terwyl hulle namens hulle kleinkinders in die ry wag vir hulle Sassa-uitbetalings. Nadat ons gemeenskap ook onlangs onder die vloede deurgeloop het, het ek ’n kans gevat en ’n tender by die provinsiale departement van onderwys ingedien vir die verskaffing van 20 jet skis wat passasiers kan dra om kinders by hulle skole te kry. Tot my verbasing is die tender aan my toegestaan, maar ek sukkel nou vreeslik om die genoemde toerusting iewers in die hande te kry. Kan jy dalk help?
Beste JV
My raad aan entrepreneurs is altyd om eers doodseker te maak dat hulle wel die produk kan lewer voordat hulle tender, maar ek verstaan ook dat dit in 'n mededingende omgewing nie altyd moontlik is nie. Wie nie waag nie, kan nie wen nie!..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.