Hou vas, Froneman se R300 miljoen is nog net die begin

BONUSTYD

Hou vas, Froneman se R300 miljoen is nog net die begin

Oor so 18 maande van nou af kan die land se topbestuurders hulle ‘Covid-bonusse’ begin kry, en dan gaan Neal Froneman se onlangse meevaller dalk beskeie lyk, skryf ANN CROTTY.

AS jy dink die onlangse gedoente oor sakeleiers se miljoene was erg, hou vas, want oor so 18 tot 24 maande kan dinge éérs rof raak wanneer ons die waarde begin sien van die langtermyn-aansporings wat in die vroeë dae van Covid aan uitvoerende bestuurders betaal is – min of meer hulle  “Covid-bonusse".

Elke nou en dan herrys die onderwerp van vergoeding vir uitvoerende bestuur soos Lasarus uit die vlak waters van die openbare bewussyn en kry vir 'n paar dae lugtyd te midde van 'n waas van geweldige verontwaardiging voordat dit weer terugsak tot net onder die oppervlak.

Hierdie keer het die saak 'n bietjie langer as gewoonlik op die oppervlak gedryf, om twee redes. Eerstens was daar die ongelukkige tydsberekening van die aankondiging van die reusagtige aandele-gegronde uitbetaling aan Sibanye-Stillwater se Neal Froneman net toe sy maatskappy besig was om werkers te boelie om 'n bespotlike salarisverhoging te aanvaar. Tweedens was daar die nogal bisarre en effens-uit-voeling-brief wat PSG se uitvoerende hoof, Piet Mouton, aan die JSE se uitvoerende hoof, Leila Fourie, gestuur het waarin hy vra dat die bekendmaking van betalings aan uitvoerende bestuurslede vrywillig moet wees.  ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.