POLITIEKE NOTABOEK | Joernalis, hou jou by jou lees

HARDE WOORDE

POLITIEKE NOTABOEK | Joernalis, hou jou by jou lees

MAX DU PREEZ skryf oor eNCA se raasbek wat hom in Trevor Manuel vasgeloop het, en oor Colin ‘Polyanna’ Coleman se harde woorde oor die plundering van Suid-Afrika.

’n JOERNALIS moet nooit self die storie word nie, lui ’n ou waarheid in my bedryf. Helaas, sommige kollegas kan hulleself nie help nie. En dit eindig nooit goed nie.

Die onlangse onthullings in Amerika dat die televisieaanbieders Sean Hannity en Tucker Carlson ywerig voor en tydens verlede jaar se aanvalle op die Capitol WhatsApp-boodskappe met die Trump-administrasie uitgeruil het, het hulle werkgewer, Fox News, groot skade berokken. Hulle het as politieke aktiviste opgetree, nie as joernaliste of selfs politieke ontleders nie.

Daar in 2003 rond het Ranjeni Munusamy, destydse politieke verslaggewer van die Sunday Times, Jacob Zuma se vuilwerk vir hom gedoen en vals stories geskryf dat Bulelani Ngcuka, destyds hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, ’n apartheidagent was. Toe haar koerant dit nie wou publiseer nie, het sy dit aan Vusi Mona, toe redakteur van City Press, gelek en hy het dit gepubliseer...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.