DAAR gaan geen rus vir hoofregter Raymond Zondo wees nadat sy kommissie se finale verslag aan die president oorhandig is nie. Die regbank en die regsberoep het vele probleme wat hy dringend sal moet aanspreek.
Veral die wanfunksionering van die regsdiensteraad (RDR) en die regspraktykraad (RPR) wek groot kommer in 'n tyd van groot onstabiliteit waar die regstelsel 'n vertroude, gerespekteerde pilaar van die demokrasie behoort te wees.
Die gedrag van verskeie advokate in die hooggeregshof ondermyn ongetwyfeld die prestige en funksionering van die hof. Die rockstar (en rolmodel?) van dié oortreders, Dali Mpofu, is pas deur die RPR op aanklagte van wangedrag vrygespreek vir sy manewales voor die Zondo-kommissie wat Suid-Afrikaners op regstreekse televisie sien uitspeel het...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.