Klip in die bos | Op ’n pelgrimstog deur SA se Sewe Doodsondes

TREFFERSPARADE VAN OORTREDINGS

Klip in die bos | Op ’n pelgrimstog deur SA se Sewe Doodsondes

DAN BADENHORST wonder oor 'n vreemde kloostertradisie.

DIS net ’n klomp Middeleeuse priesters wat doodslag nie sou insluit in ’n geslote lys van doodsondes nie. Sewe is uitgesonder: hoogmoed, hebsug, wellus, woede, vraatsug, afguns en luiheid. Dié lys kom uit die Rooms-Katolieke kloostertradisie en is natuurlik nie die enigste  sondes waarteen die kerk gewaarsku het nie. Hulle is ook nie juis hoofsondes nie, want waar staan die 10 gebooie dan in die ry?

Die verwysing na die dood daarin kom neer op gesindhede wat ’n geestelike lewe vernietig – ’n innerlike maar tog amptelike lys wat verhoudings en spiritualiteit bedreig. Die lys het tot vandag toe oorleef en word op ’n breër basis as bloot vir priesters aanvaar, soos uit die literatuur blyk.

In die Divina Commedia moet Dante Alighieri op sy pelgrimstog van die hel na die paradys in die vaevuur verby sewe vlakke van doodsondes kom om sy siel te reinig. In klassieke boeke oor elk van dié sondes gaan John Milton se Paradise Lost oor hoogmoed; Nikolai Gogol se Dooie Siele oor hebsug; Gustave Flaubert se Madame Bovary oor wellus; Anthony Burgess se A Clockwork Orange oor woede; Charles Bukowski se Vroue oor vraatsug; Shakespeare se Othello oor afguns; en Ivan Goncharov se Oblomov oor luiheid...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.