DIE ANC is nie ’n standaard- politieke party nie. Dit het as beweging vir swart politieke bemagtiging ontstaan en is dit grootliks vandag steeds. As swart politiek suiwer volgens ’n Westerse kompeterende-ideë-model sou ontwikkel, het jy van meet af aan ’n rits kleiner partye gehad wat teenoor mekaar staan op grond van uiteenlopende ideologieë. Politiek as ’n speelveld van idees. Hierdie benadering berus weer op sy beurt op die verligtingserfenis van rasionalisme – om deur jou kop te leef – wat weer sy wortels in die klassieke Griekse idealisme vind.
Die algemene Afrika-“gevoel” is anders. Die ubuntu-lewenshouding (meer as net ’n filosofie) spreek hiervan. Dus, nie alleen is die ANC eerder ’n soort breë beweging nie, maar as organisasie weerspieël dit ook iets van ’n medemenslikheid wat minder kop- en meer hart-gerig is. Dit is waarom ek meen dat veral wit kommentators sedert 1994 steeds nie lekker verstaan waarom ’n kolossale “party” met soveel interne ideologiese verskille nie sommer van dag een af al opgesplit het nie. In die laat 1990’s en vroeë 2000’s was artikel op artikel byvoorbeeld aan die hande vryf oor hierdie vermeende afbreek van die dominante ANC in kleiner eenhede. Die feit dat Cope en die EFF uiteindelik wel ontstaan het, was nie die “normalisering” van die ANC waarop gewag is nie. Cope het glad nie ge-Cope nie, en as dit nie vir die fascistiese persoonlikheidskultus rondom Julius Malema was nie, het die EFF ook nie juis ge-EFF nie.
Nou is die heersende verwagting dat die “einde van die ANC” op die horison is as gevolg van sy “interne struwelinge” en dan ook (veral post-staatskaping) “endemiese” korrupsie. So was daar hoofopskrifte, ná die relatiewe daling van ANC-steun in die jongste verkiesingsuitslae, wat luid die letterlike einde van die ANC aangekondig het...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.