Lesufi die Balbyter en mense sonder ’n geskiedenis

AFRIKA BEHOORT NET AAN ‘WARE AFRIKANE’

Lesufi die Balbyter en mense sonder ’n geskiedenis

Dit het al vervelig geword om hieroor te skryf, sê ISMAIL LAGARDIEN. Maar vir die rekord wil hy net sê die wrok wat die Gautengse LUR vir onderwys teen Afrikaans het, herinner hom sterk aan die lastige rooimiere van sy kleintyd ...

EK is woedend. Andrek Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, is soos ’n slegte veluitslag wat net nie wil weggaan nie. Eintlik is hy soos ’n balbyter wat in jou onderbroek wegkruip ...

Laat my verduidelik. Dit gaan terug na my kinderjare in die suidwestelike townships van Johannesburg toe ons in die veld by Eldoradopark, Pimville, Kliptown en Nancefield rondgehardloop en met kleilatte en sulke goed in die kakiebos gespeel het totdat ons behóórlik moeg was. Wanneer ons dan gaan sit het om asem te skep, het balbyters – nare rooimiere – ons bene en ander dele ondertoe gebyt. Wanneer die son begin sak het, het ons huis toe gehardloop en later, wanneer dit al donker was, het jy skielik ’n baie lastige knyp aan jou privaat dele gevoel. ’n Enkele balbyter het altyd hardnekkig in jou onderbroek weggekruip. Net toe jy dink jy het die kakiebos en dorings afgeskud, het daardie enkele balbyter aangeval ...

Dit het nou al vervelig geword om oor Lesufi se wrok teen Afrikaans te skryf. Om dit beleef te stel: Die man is oënskynlik gedesensitiseer en geensins in staat om empatie te hê nie; dit kom neer op ’n soort psigopatie. Lesufi se Wraak™ maak ’n bespotting van al die praatjies oor maatskaplike samehang, stabiliteit en grondwetlikheid. Eerstens is Afrikaans een van die land se amptelike tale. My persoonlike menings buite rekening gelaat (ek dink dit laat ons soos die toring van Babel lyk): Die werklikheid, waarmee Lesufi skynbaar nie ’n konneksie het nie, is dat minstens vier miljoen Suid-Afrikaners Afrikaans as ’n moedertaal praat. Afrikaanse woorde word ook nou gehoor op die patio’s in townships soos Soweto en elders in die land...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.