Die kritikus eet nie alles vir soetkoek op nie

WAAR DENKE DIE WARE WÊRELD ONTMOET

Die kritikus eet nie alles vir soetkoek op nie

Mense verstaan nie altyd hoe belangrik die rol van sosiale kommentaar in die samelewing is nie. Dit gaan oor die basiese beginsels van geregtigheid en om so na as moontlik aan die waarheid te kom, skryf ISMAIL LAGARDIEN.

DIT sou lagwekkend gewees het as dit nie so intellektueel embarrasserend was nie, en tragies, dat andersins oordeelkundige mense – wat moontlik polities aanstootlik kan wees – skynbaar geen begrip het van die rol wat kritiek in die samelewing speel nie. Ek verwys spesifiek hier na ’n hoofartikel in Landnuus, waarin ’n paar bewerings en stellings oor Max du Preez rondgegooi is wat ietwat beledigend en vernederend is, om dit sagkens te stel. Maar my ma sou gesê het: “Max is oud en lelik genoeg om homself te verdedig.”

Die Landnuus-artikel het my laat besluit om van sy redakteurs en hoofskrywers in die kamp te plaas van diegene wat hulself as mense met “superieure logika” identifiseer, maar geen klaarblyklike begrip van die rol van sosiale kommentaar of kritiek het nie – ook nie van joernalistiek nie, moet ek bysê. Wat sosiale kritiek betref, is dit regtig presies dit; dit doen presies wat dit sê, niks meer nie. Tensy jy ondraaglik pedanties is ...

Mense het my al dikwels vrae oor sosiale kritiek gevra – ek sluit alle menslike aktiwiteite, soos politiek en ekonomie, by “sosiale” in. Die vraag is heel dikwels polities gemotiveerd en klink min of meer soos volg: Jy het iets gekritiseer of jy is gekant teen iets, maar jy sê nooit waarvoor jy eintlik staan of wat j‎ý sou doen nie. Voordat ek uitwei oor die rol van kritiek in die samelewing, sal ek my gebruiklike reaksie gee wanneer die vraag aan my gestel word...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.