Bollemakiesies in die politieke tuimeldroër

‘JY MOET KOPHOU, MY KIND’

Bollemakiesies in die politieke tuimeldroër

Verlede week in Suid-Afrika het ’n Latynse uitdrukking bevestig wat ISMAIL LAGARDIEN soos volg vertaal: Ons is altyd in 'n gemors, net die diepte verander van tyd tot tyd.

DIE huidige lewe in Suid-Afrika is soos om in ’n groot tuimeldroër te leef. Jy draai al in die rondte, al in die rondte – dan is jy bo, dan onderstebo, in vlae hitte en dons. Die deur kan op enige oomblik oopswaai sodat hitte én koue jou tref, en jy aan niks kan vashou vir stabiliteit en fokus nie. Dit is veral verwarrend wanneer jy ’n sosiale kritikus, rubriekskrywer, essayis en kommentator oor die staat, samelewing en politieke ekonomie is. ’n Mens weet nie hoe of waar om te vat of waaraan jy moet vashou nie. Die enigste sekerheid word in dié Latynse uitdrukking saamgevat: Sumus semper in excretum sed alta variat. (Ons is altyd in die stront, net die diepte verander van tyd tot tyd. Of so iets.) Of soos die Italiaanse sokkerklubbestuurder Gennaro Gattuso gesê het: “Sometimes maybe good. Sometimes maybe shit.” (https://www.youtube.com/watch?v=Zp1cKEj-ZtM) Hy’t altyd skoor gesoek toe hy nog ’n speler was.

Ek het ’n paar weke gelede, op die dag voordat ek my laaste Sondagoggend-nuusopskrif vir CapeTalk saamgestel het, ’n speletjie met myself gespeel. Ek het ’n lys gemaak van al die dinge wat ek gedink het die volgende oggend die Sondagkoerant-nuusopskrifte sou haal. Boaan die lys was nóg ’n korrupsiesaak; nóg ’n staatsamptenaar wat in die moeilikheid was; die Senzo Meyiwa-saak wat nog ’n wending geneem het; die Gupta-broers wat veilig genestel bly in Dubai; die ANC se RET-faksie wat nog ’n skelmstreek uitgehaal het; en Julius Malema wat nog iets sonder enige waarheidvoorwaardes kwytgeraak het.

Al wat ek onthou, is dat ek met die meeste daarvan in die kol was – behalwe die Malema-een. En verlede week het dit gevoel asof ons in ’n tuimeldroër van industriële grootte leef. Veral verlede Sondag was verbysterend. Moenie my verkeerd verstaan nie: Ek het nie die afgelope dekade onder ’n klip geleef nie. Ek weet presies hoe benard dinge was. En wat dit ook al werd mag wees, ek bly baie pessimisties oor die regering en die staat. Maar verlede week was so erg dat ek eerder na die TV-blaaie omgeblaai het (ek het nie ’n televisie nie) en ook na die rugbyberigte (ek volg nie die sport nie). En toe maak ek die verskriklike fout om die sokkerblaaie te lees. Liewe Hemel. Danny Jordaan is steeds Suid-Afrika se sokkerbaas. Grote Griet. Wat moet ’n mens doen om ontslae te raak van die karnallies tussen ons?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.