Oorlog kom keer op keer terug – en het áltyd bloedige gevolge

IN DIE BINNEKRING VAN DIE DOOD

Oorlog kom keer op keer terug – en het áltyd bloedige gevolge

Die geskiedenis van die Weste word gekenmerk deur oorlog, dood en verwoesting. Vladimir Putin se oorlog teen die mense van Oekraïne wyk nie hiervan af nie, skryf ISMAIL LAGARDIEN.

NET toe die Europeërs, oftewel die Weste, begin dink het oorlog is uitgedien (https://spice.fsi.stanford.edu/docs/why_war_has_become_obsolete_in_europe) en ’n “veraf bedreiging” (https://www.prospectmagazine.co.uk/magazine/europe-the-struggle-for-supremacy-brendan-simms-review), het dit wéér losgebars. Dis ’n ernstige kwessie en beslis nie ’n tyd vir Schadenfreude nie. Geskiedenis is ’n kragtige, blywende mag wat nooit onderskat moet word nie. Ons kan terugdink aan die woorde van die Britse joernalis en skrywer Norman Angell in The Great Illusion, toe hy in 1909 geskryf het die welvaart wat kapitalisme uit ’n globaal geïntegreerde handels- en finansiële regime opgegaar het, het oorlog sinloos gemaak. Ian Kershaw het gevolglik in 2015 in sy gesaghebbende boek To Hell and Back: Europe 1914 – 1949 geskryf “dit was moeilik om jou voor te stel dat voorspoed, vrede en stabiliteit nie onbepaald in die toekoms sou voortduur nie ...”

En hier kyk ons nou na die jongste van 500 jaar se veelvuldige oorloë (https://www.prospectmagazine.co.uk/magazine/europe-the-struggle-for-supremacy-brendan-simms-review%20) in en om die mees voorspoedige en stabiele streek. Hierdie keer is dit nie anders nie – om die titel van ’n boek oor die laaste globale polities-ekonomiese krisis deur die Amerikaanse ekonome Carmen Reinhart en Kenneth Rogoff te leen (en misbruik): This Time is Different: Eight Centuries of Financial Folly. Reinhart en Rogoff onthou die 1920’s “was ’n tydperk van meedoënlose optimisme, soortgelyk aan die vyf jaar lange oplewing wat die wêreldwye finansiële krisis [van 2008] voorafgegaan het”.

Kortweg: Ons onderskat die krag van geskiedenis en oorlog wat telkens plaasvind. Ons is geneig om te vergeet of ignoreer dat Europa, en wat die oorlede Britse ekonoom Angus Maddison as Europa se “uitgroeisels” beskryf het (wat ons as “die Weste” leer ken het), vir ’n groot deel van die moderne geskiedenis die hoofteater van oorlog was. En Europeërs het oorlog dikwels die afgelope 500 jaar na die verre uithoeke van die wêreld “uitgevoer”. Dit was die Weste en sy teenstanders in “die Ooste” op wie ons oë gerig was, want Europa was eeue lank die teater van oorlog; Europeërs en hul “uitgroeisels” wat in groot mate oorlog gevoer het van Suidoos-Asië weswaarts oor die wêreld heen om handel en mense te beheer. Van die (Britse) opiumoorloë en oorloë vir beheer oor die spesery-eilande (Spaans, Portugees, Brits en Nederlands) tot die oorloë teen die inheemse mense van Noord-Amerika. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.