’n Streep in die sand vir dié palimpses-gesprekke

SOSIALE MEDIA SE OPPE EN AFFE

’n Streep in die sand vir dié palimpses-gesprekke

Haar binnewêreld is minder raserig en talle mense wat sy skaars ken, het uit haar diepgesete drome verdwyn, skryf FLORENCE DE VRIES ses maande nadat sy haar sosialemedia-apps gesluit het. Maar sy erken as sy 10 jaar jonger was, sou haar ervaring van sosiale media waarskynlik drasties anders gewees het.

NOU die dag, vir die eerste keer in meer as twee jaar, sit ek en my man om ons eetkamertafel saam met ’n paar vriende. Ons gesels oor Bitcoin, jazzmusiek en kookkuns. Later gaan draai die gesprek by sosiale media (SM): burner-rekeninge, geplagieerde tweets en Instagram-reëls wat die ware Jakob jou oor sou drag.

Ek luister grotendeels, want ek het ses maande gelede – vir die eerste keer in 10 jaar sedert ek my (enigste) sosialemediaprofiele geskep het – dié apps van my foon verwyder. Deesdae gebruik ek my foon uitsluitlik vir WhatsApp-boodskappe (noodsaaklik vir iemand met ’n kind op skool en ’n ma met spesiale mediese behoeftes) en (sug) oproepe. 

Ek luister fyn na die dinamika van die sosialemediagemeenskap in die lewe van my vriende – almal 10 jaar jonger as ek. Gelukkig weet ek darem nog wie is wie op dié keurige spyskaart:..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.