Om in Walter Raleigh se gesig die stoeier te onthou

MY BUURMAN SAŠO

Om in Walter Raleigh se gesig die stoeier te onthou

Nie alles hoef in woorde uitgespel te word nie – hunkering bly bestaan in herinneringe waar hoop nie eens bykom nie. P.P. FOURIE herken ’n gesig in ’n eeue oue portret.

IN Londen was ek tuis vasgevang in die uitgerekte hartseereinde van ’n liefdesverhouding, en by die werk het die projek gestotter. Een manier om deur die week te kom was om elke dag één ding te kry om te geniet, deur roetine te omarm as ’n skans teen die toenemende chaos. Op ’n dag het ek drie skoenlappers gesien – ’n goeie dag. ’n Ander dag het ek langs iemand op die trein gesit wat besig was om die bladmusiek vir Górecki se Derde Simfonie te lees, net vir sy eie plesier – ’n goeie dag.

As ek teen die einde van die werkdag nog geen oomblik van grasie kon vind nie, het ek my staproete effens gewysig deur die National Portrait Gallery. Dit kos niks, dit is oop tot laat en dit was min of meer op my pad. Ek het ’n sagte plek vir die besonderse portret van Sir Walter Raleigh deur ’n onbekende kunstenaar: die sensitiewe gesig, die donker oë, die grootse binnelewe, dit alles wat my gade slaan vanaf 400 jaar gelede.

Die gesig in die portret lyk verrassend baie soos die buurman wat ek in Parys gehad het toe ek ’n student was. Ek het op die sesde verdieping gewoon, in ’n dakkamer in die rue des Écoles, nie ver van die Notre Dame-katedraal nie. Die kamertjies was belaglik, komieklik klein, maar aangesien ons op die boonste verdieping was, het ons die voorreg gehad van smal dubbeldeure direk vanuit ons kamers na klein balkonne. Daar het ek gereeld gestaan om ’n sigaret te rook en na die Paryse dakke en die besige straat doer onder gekyk...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.