P.P. Fourie is in die Vrystaat gebore en het in Clarens, Bloemfontein en Oudtshoorn skoolgegaan. Hy woon tans in Wellington en is verbonde aan die departement politieke wetenskap van die Universiteit Stellenbosch. Van sy kort fiksie – in Afrikaans en Engels – het in die Tydskrif vir Letterkunde, Scrutiny2, New Contrast, Ons Klyntji en op LitNet verskyn. In 2006 is sy niefiksieboek, The Political Management of HIV and AIDS in South Africa: One burden too many? (Palgrave Macmillan), gelanglys vir die Alan Paton-prys. Sy debuutroman, ’n Hart is so groot soos ’n vuis, het vroeg in 2021 by Kwela (NB Uitgewers) verskyn.
DIT WAS VERRUKLIK
My lieflike laundrette
Op sy laaste besoek aan ’n wassery in Sunnyside word P.P. FOURIE se Woensdagaand-wasroetine omver gegooi toe ’n lieflike jongman die wit ruimte binnestap. En dit was verruklik.
Deel
TOE ek die Kaap verlaat en noorde toe trek iewers laterig in die 1990’s, het ek vir die eerste maand op ’n rusbank by my vriendin Helen geplak. Sy het ’n woonstel gehuur in ’n groot, anonieme gebou naby die middestad van Pretoria. Ek het ontwortel gevoel en moes my beskouing van my lewe en van myself herkalibreer. Dit het goed gegaan by my nuwe werk, en dit was ’n verligting om ’n vaste inkomste te hê; ek was nou – uiteindelik, amptelik – ’n grootmens, nie meer ’n student nie. Ná werk wou ek dikwels bietjie alleentyd hê, om dinge te oordink, om te ontspan in my nuwe omstandighede in. Ek het saans gym toe gegaan, ek het gaan draf, ek het die stad verken, gaan fliek, kruideniersware gaan koop, en ek het gesoek na ’n blyplek van my eie.
Tot my verligting was daar ’n klein klerewassery so ’n blok of wat van Helen se woonstel af. Dit was heerlik prakties: Ek kon my weeklikse bondel wasgoed in ’n mandjie sit en daarmee onder die arm in die straat afstap, my boek lees terwyl die masjiene hul werk doen, ek kon reël vir die strykwerk by die strykplek regs langsaan die wassery, en dan ná aandete op my eie iewers daar naby, terugstap woonstel toe. In daardie dae was Sunnyside en die stadskern skielik oop vir alle rasse; die formele verlossing van apartheid en klas- en rasskeidings in die middestad was teen hierdie tyd interessant sigbaar. Dit was pret om op straat te wees, om hierdie dinge te doen, om te begin met my grootmenslewe.
Romanse het my nie geïnteresseer nie; ek is nie bedraad om seks te soek waar ek dit ook al kan kry nie. Ek het eerder ander lewens gade geslaan sonder die impuls om hulle na te jaag, na te doen, of af te paar. Ek het die angel gehaal uit my eie onsekerhede en angstighede deur gerusstellende klein roetines te ontwikkel...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
P.P. Fourie
SkrywerP.P. Fourie is in die Vrystaat gebore en het in Clarens, Bloemfontein en Oudtshoorn skoolgegaan. Hy woon tans in Wellington en is verbonde aan die departement politieke wetenskap van die Universiteit Stellenbosch. Van sy kort fiksie – in Afrikaans en Engels – het in die Tydskrif vir Letterkunde, Scrutiny2, New Contrast, Ons Klyntji en op LitNet verskyn. In 2006 is sy niefiksieboek, The Political Management of HIV and AIDS in South Africa: One burden too many? (Palgrave Macmillan), gelanglys vir die Alan Paton-prys. Sy debuutroman, ’n Hart is so groot soos ’n vuis, het vroeg in 2021 by Kwela (NB Uitgewers) verskyn.