’n Lang pad van wegbreek, oorvat of afvat

ONAFHANKLIKE WES-KAAP?

’n Lang pad van wegbreek, oorvat of afvat

Die gebeure in Oekraïne laat DOUW KRÜGER wonder oor ander voorbeelde van anneksasie, afstigting en magsoorname, ook hier in ons eie omgewing.

DIE moontlikheid van ’n Kaapse staat wat heeltemal onafhanklik van die res van die RSA bedryf word, word al vir ’n geruime tyd op die kant gepropageer. Toe ek die gedagte onlangs by familie en vriende getoets het, was omtrent almal se instinktiewe reaksie dat dit “goed klink”, maar sonder uitsondering is dit gevolg deur huiwering oor die werkbaarheid daarvan. Die struikelblokke in die pad van so ’n afstigting en die implikasies ná afstigting het gou kop uitgesteek. Die “finale antwoord” was dat dit nie sou gebeur nie – die ANC sal dit nie toelaat nie. En selfs al sou dit gebeur, sou ’n staat wat beter bestuur word moeilik van die res kan isoleer. 

Ek kan nie onthou dat enige etiese kwessies tydens hierdie gesprekke opgeduik het nie. Dalk omdat ’n mens se oorlewingsinstinkte jou eers in die rigting van eiebelang stuur. Maar net soos wat inval en anneksasie etiese implikasies het, so kan afstigting, onttrekking en isolasie dit ook hê. Wat word gevat en wie word met wat gelos? Dit is kritieke vrae.

Afstigting, etniese verskansing en anneksasie is 'n gereelde verskynsel die afgelope paar honderd jaar in Suid-Afrika. My pa het byvoorbeeld in die Oos-Vrystaat ’n plaas in die “verowerde gebied” gehad, binne sigafstand van Lesotho...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.