O die vreugde van spontaniteit!

VAN ‘VEILIG’ NA ‘VOEL’

O die vreugde van spontaniteit!

Dit is waarlik uitsonderlik om amper ’n halwe eeu oud te wees en om te snak na asem uit diepe verbasing oor jouself, oor dit wat tog moontlik is. Oor dit waartoe jy in staat is. Dit is ’n uitsonderlike geskenk, skryf PIETER FOURIE.

TOE ek ’n jong man was, so in my vroeë 30's, het ek die fundamentele besluit geneem om emosionele pyn te vermy. Ek onthou die presiese oomblik toe dit gebeur het, want hierdie besluit is later dieselfde dag gevolg deur ’n ander besluit, naamlik om ’n verhouding wat my ongemaklik gemaak het te beëindig.

Die verligting was onmiddellik, en verslawend; ek was só goed daarmee om pyn te vermy, om veiligheid te kies, dat ek dit reggekry het om nie net my mees private, intieme lewe te omvorm nie, maar ook die manier hoe ek myself laat geld het by vriende en by die werk. Kennisse het my beskou as die veilige gas by etes en partytjies: Ek het min (indien enige) sterk eise gestel; ek het sterk opinies gehad, maar het nooit op tone getrap nie; ek het na almal omgesien; en my versigtige afstand is beskou as speels misterieus (op die ergste) en geheimsinnig sjarmant (ten beste).

Ek was ’n goeie vriend. Mense kon met my oor enigiets onder die son gesels sonder om onveilig te voel. Ek was nougeset daarop ingestel om vrae wat te persoonlik was te deflekteer, of om die gesprek om te keer en mense toe te laat om hulle al meer oop te maak teenoor my, om weerloos te word. Ek was nie vals hiermee nie, ek het nie voorgegee nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.