As net God bo jou is op 'n uitgewery se rangleer, wie bel jy wanneer die winde van verandering jou van die leer afwaai? ’n Natgeswete en vlugvoos FREDERIK DE JAGER het Ms Rebuck van Random House op haar kruin ontmoet.
DIE Boereoorlog is lankal verby. Ek baklei dit nie meer nie. Daarvoor het ek te veel dierbare Souties as vriende. Al word ek nog partykeer onredelik vies vir die Engelse. Of dit nou in die algemene of in die besondere is. Maar meesal in die besondere.
Soos die keer toe ek ’n werkfunksie in Londen bywoon. Dit was in ’n pragtig versierde saal met goudbedrukte houtpanele reg rondom. Rondstaan in die vlak watertjies van gelag en die rinkeling van ys in glase, die hoflike niksseggendhede waarmee niemand so goed soos die Britte is nie.
Wel, ek haat dit. My hele werklewe het ek gesteier van die een boekbekendstelling na die ander bedryfsgeselligheid. Wat sê jy vir mense? Van verveling het ek na die muur toe aangeskuifel. Daar, aan die soom van die hoflikheidspantomime, sou niemand met my praat nie. Maar toe praat die Geskiedenis. Die goue letters op die borde het elke oorlog afgetel waarin die Britte betrokke was sedert rekords bestaan. Teen die tyd dat ek by “South African War 1899-1902” kom, was ek woedend...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
‘MERGER’ OF ‘MURDER’?
Toe die lyn na bo afgesny word
As net God bo jou is op 'n uitgewery se rangleer, wie bel jy wanneer die winde van verandering jou van die leer afwaai? ’n Natgeswete en vlugvoos FREDERIK DE JAGER het Ms Rebuck van Random House op haar kruin ontmoet.
Deel
DIE Boereoorlog is lankal verby. Ek baklei dit nie meer nie. Daarvoor het ek te veel dierbare Souties as vriende. Al word ek nog partykeer onredelik vies vir die Engelse. Of dit nou in die algemene of in die besondere is. Maar meesal in die besondere.
Soos die keer toe ek ’n werkfunksie in Londen bywoon. Dit was in ’n pragtig versierde saal met goudbedrukte houtpanele reg rondom. Rondstaan in die vlak watertjies van gelag en die rinkeling van ys in glase, die hoflike niksseggendhede waarmee niemand so goed soos die Britte is nie.
Wel, ek haat dit. My hele werklewe het ek gesteier van die een boekbekendstelling na die ander bedryfsgeselligheid. Wat sê jy vir mense? Van verveling het ek na die muur toe aangeskuifel. Daar, aan die soom van die hoflikheidspantomime, sou niemand met my praat nie. Maar toe praat die Geskiedenis. Die goue letters op die borde het elke oorlog afgetel waarin die Britte betrokke was sedert rekords bestaan. Teen die tyd dat ek by “South African War 1899-1902” kom, was ek woedend...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Die dag toe Blydskap haar klere moes uittrek
Tussen die kerk en die klerekas
’n Deurmekaar tafel vir die Hoë én Lae Dae
Knoffel, knoffel, knoffel en ’n spoggerige groentetert
Vyf Franse moedersouse – en hul nageslag
Deel
-
Deel
Frederik de Jager
RubriekskrywerFrederik de Jager is oud-uitgewer, skrywer en aanbieder van skryfwerkwinkels