’n Deurmekaar tafel vir die Hoë én die Lae Dae

KOS EN KOSMOS

’n Deurmekaar tafel vir die Hoë én die Lae Dae

Hierdie is die storie van twee tafels. Die een is so onbeproke soos die enkele, onberispelike gas. By die ander een word die geselskap weliger, die gelag luider, soos die tafel besiger en voller word. Die genieting sit in die kring, die wellewendheid, die mededeling, skryf FREDERIK DE JAGER.

’N FYNPROEWER sit by ’n tafeltjie in die hoek. Hy het sy eie servet gebring, soos altyd, die gestyfde damas met die knoopsgat in die hoek. Dié haak hy aan die derde knoop onder sy ken, net onder die das wat ingesteek is tussen die tweede en derde knoop.

So onberispelik soos wat die gas van uitrusting is, so onbesproke is die tafel voor hom. Die kleed lê oor die tafel met geskulptuurde voue om die hoeke. Oor die plooilose blad staan die porseleinware, silwerware en kristalware soos in ’n stillewe gerangskik. Elke tot nog toe onaangeraakte stuk messegoed met die liniaal geplaas, elke een van drie glase met slegs die geringste moeite binne bereik van ’n gemanikuurde hand.

Bord ná bord word aangedra, elke gang soos ’n oefening in ikebana, só uitgelê en nie anders nie: ’n vegie, ’n druppel, ’n punt. ’n Verhaaltjie is dit, trouens, wat met elke nuwe gang op die eter wag, ’n narratief vanuit die kombuis waaraan die tong van die fynproewer gaan voortvertel...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.