Vrot tot vrotter: agteruitgang sonder einde

MUNISIPALE KOOKPUNT

Vrot tot vrotter: agteruitgang sonder einde

Ratings Afrika waarsku al 10 jaar lank dat Suid-Afrika se munisipale sektor op 'n finansiële fiasko afstuur. Dié waarskuwings word jaar ná jaar dringender, skryf CLAIRE BISSEKER, met die nuutste verslag wat kennis gee dat die krisis op kookpunt is.

AS jy deur klein plattelandse dorpies ry, het jy nie ’n rangordeverslag nodig om te weet die meeste munisipaliteite is in ernstige finansiële moeilikheid nie. Maar ’n objektiewe puntekaart is noodsaaklik om te wys presies hoe vinnig munisipaliteite se finansiële stabiliteit agteruitgaan.

Hierdie verval het ’n rampspoedige effek op die lewensgehalte en sakebedrywighede in hierdie dorpe en dit is ’n ernstige bedreiging vir die hele land se vooruitsigte vir ekonomiese groei.

In sy jaarlikse Munisipale Finansiële Stabiliteitsindeks (MFSI) vir die tydperk tot Junie 2021 raam die rangorde-agentskap vir plaaslike regerings, Ratings Afrika, dat Suid-Afrika se munisipale sektor “deur growwe finansiële wanbestuur en gebrekkige bestuur" ’n “verstommende” tekort van R54 biljoen in saamgestelde bedryfskapitaal (kontant of likiditeit) opgehoop het. Dit was R51 biljoen in 2020 en R32.9 biljoen in 2019...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.