Almal wil nóg hê, maar die vleispotte is leeg geëet

OPSIES WORD ÁL MINDER

Almal wil nóg hê, maar die vleispotte is leeg geëet

Die huidige wêreldprentjie van hoë inflasie en stadiger groei knou Suid-Afrika op etlike maniere, skryf HUGO PIENAAR na aanleiding van aanduidings van ’n veel meer aggressiewe rentekoersbenadering deur die sentrale banke van die VSA en Europa.

DIE skerp dalings op wêreldaandelemarkte en die afverkoop in die mark vir staatseffekte sover vanjaar het die afgelope week in felheid toegeneem. Die twee hoofredes hiervoor hou albei verband met ’n bekommernis wat buitelandse en plaaslike beleggers al geruime tyd slapelose nagte besorg: hoë wêreldinflasie en die gepaardgaande styging in rentekoerse. 

Verlede Donderdag het die Europese Sentrale Bank (ESB) ’n knuppel in die hoenderhok gegooi toe die beleidmakers ’n konkrete vooruitskouing gegee het dat die Europese beleidsrentekoers in Julie met 25 basispunte (’n kwart persent) sal styg. Dié deel van die ESB-beleidsverklaring het eintlik bloot bevestig wat ons reeds geweet het. Die onrusbarende deel van die verklaring wat die ekonomiese groeivooruitsigte in Europa betref, was die sein dat die rentekoers in September met meer as 25 basispunte verhoog kan word. Dís nou as die ESB se inflasievooruitskatting teen die einde van die bank se vooruitskattingsperiode (2024) nie terug by die teikenmaatstaf van 2% is nie.

Banke fokus nou op inflasie..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.