Tjorts op ons eie Boere-Joyce

JEUGDAG

Tjorts op ons eie Boere-Joyce

In Suid-Afrika is 16 Junie Sowetodag of Jeugdag. In Ierland is dit Bloomsday sedert die publikasie ’n eeu gelede van James Joyce se Ulysses. HANS PIENAAR skryf oor die rol wat Suid-Afrika op baie ander vlakke in dié roman speel.

REJOICE! Rejoyce! Honderd jaar ná sy eerste verskyning bly James Joyce se Ulysses een van die min boeke wat ’n hele nasie op hol kan kry. Maande lank al loop die Guinness sterk in Ierland se kroeë, veral dié langs die deurtrapte roete in Dublin wat Leopold Bloom, die roman se hoofkarakter, op een dag (16 Junie 1904) 730 bladsye lank gevolg het.

Dié dag staan vandag bekend as Bloomsday en die Ierse ekonomie wat ná Covid-19 aan die herstel is, gee ekstra woema aan die rits feesvieringe sedert 2 Februarie – Joyce se verjaarsdag en ook die dag in 1922 toe die klein uitgewer Shakespeare and Company die eerste paar eksemplare van Ulysses in sy winkelvenster uitgestal het.

Oorkant die Ierse See spog selfs die Empire 2.0-gesinde Britte saam oor Ulysses as Engels se grootste roman van die 20ste eeu; ’n triomf van die modernisme en van Engels as wêreldtaal...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.