Hoe om ’n kernoorlog te oorleef: Dis nie wat jy dink nie
KOUE OORLOG-PARANOIA

Dit kan help om na Antarktika of die Paaseiland te emigreer as jy die Armageddon van ’n kernoorlog wil oorleef, maar voete stamp en ’n uniform is jou beste kans. HANS PIENAAR verduidelik hoekom, na aanleiding van ’n besoek aan die Koue Oorlog-bunker van York in Noord-Engeland.
DIT moet een van die lelikste geboue in die wêreld wees en dit is waarskynlik waarom dit nie op die gebaande toeristeweë in York, Noord-Engeland, is nie. Die bure in Monument Lane kyk skaars in die rigting van dié gebou met sy grysgrou palissadeheining, al woon hulle in council flats wat self nie watwonders is nie.
Dit was ten minste die geval toe ek die Koue Oorlog-bunker in York besoek het net voor Covid-19 toegeslaan het. Nou sal daardie selfde bure dalk nie net die aanwesigheid van die bunker wil erken nie, maar dit ook wil gaan verken en kyk hoe vinnig ’n mens daar kan inkom.
Die bunker, ’n hoofteiken van Duitse bomwerpers tydens die Tweede Wêreldoorlog, is gevestig op ’n heuwel anderkant die spoorwegwerwe, en die buitenste bolwerk lyk soos ’n reuse-model van ’n prostetiese orgaan uit die buitenste ruim. Estetiese ontwerp was nie ’n prioriteit nie toe dit in die paranoïese tye van die 1960’s gebou is om ’n paar dosyn burgerlike vrywilligers te huisves wat kernontploffings in geval van ’n kernoorlog moes aanteken...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Deur die oog van die inspuitnaald
Prins Flip en die Donderbuyse
Die buffokraat en die tsotsilitikus
Slaapstad kan net droom van Kaapstaat
Wat het plaasmoorde met die SAL te doen?
Deel
Deel
Volgende artikelHans Pienaar
SkrywerHans Pienaar is ’n 2018-skryfgenoot by die Johannesburg Institute for Advanced Study en skryf dramas, romans, kortverhale, gedigte en niefiksie in Afrikaans en Engels.