In tye soos dié sukkel dit om demokrasie van diktatuur te onderskei

DEUR DIE OOG VAN DIE INSPUITNAALD

In tye soos dié sukkel dit om demokrasie van diktatuur te onderskei

Ons hoef nie na die anti-vaxxers te luister oor hoe om gesond te bly nie, skryf HANS PIENAAR, maar agter daardie idees is iets wat ons wel baie ernstig moet opneem.

SOOS gewoonlik hierdie tyd van die jaar is daar gerugte van studentebetogings wat dreig wanneer die land se universiteite weer aan die gang kom. Hierdie keer gaan dit oor entstofmandate.

Vir vaxxers, veral immuun-gekompromitteerdes soos ek wie se lewe waarskynlik gered is deur my eerste Pfizer-inenting voordat ek Covid-19 gekry het, lyk entstofmandate dalk nie na die regte ding om oor te toi-toi nie. Universiteite is immers waar ’n mens veronderstel is om die ingewikkeldhede van immuunstelsels te bemeester en te leer hoe hulle deur entstowwe opgelei moet word, net soos ’n leër sy troepe met oorlogspeletjies oplei.

Maar dit sou ’n fout wees om ’n seisoen van bloot louwarm protes te voorspel. Nie alle anti-vaxxers glo die dinosourusse word verklaar deur Lord of the Rings nie, of dat die Mars-helikopter eintlik onder ’n bos naby Upington weggesteek word nie; die meer oorwoë  standpunte uit daardie geledere spruit uit ’n worsteling met baie dieper filosofiese kwessies, waarvan sommige aan die kern van ons politieke probleme is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.