DIE voorafgedrukte weergawe van die studie, wat vandag in die mediese joernaal The Lancet (https://www.thelancet.com/journals/lancet/article/PIIS0140-6736(22)00090-3/fulltext) gepubliseer word, is binne sowat vyf weke 15,000 keer afgelaai. Dit is die eerste studie wat deurbraakinfeksies met die Omicron-variant in ten volle ingeënte individue ná die ontvangs van versterkingsdosisse aanmeld en die eienskappe daarvan omskryf.
Die studie, getiteld “Deurbraak-infeksies met Omicron-variant van Sars-CoV-2 ondanks versterkingsdosis met mRNA-entstof”, is deur 'n groep wetenskaplikes van die Universiteit Stellenbosch (US), die Ludwig Maximilians-universiteit van München in Duitsland, die Universiteite van Wes-Kaapland en van Kaapstad, asook die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens gedoen.
Die vermoë van die Omicron-variant om immuniteit te ontwyk – dus om infeksie selfs ondanks 'n sekere mate van immuniteit te veroorsaak – is vroeg al op grond van sy mutasiepatroon voorspel en bevestig deur waarnemings van al hoe meer herinfeksies en deurbraakinfeksies...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.