Die era van die buffokraat en die tsotsilitikus

STORTKOP VS. PRUIKDRAER

Die era van die buffokraat en die tsotsilitikus

Is Jacob Zuma die Donald Trump van Nkandla, of is Donald Trump die Jacob Zuma van Mar-a-Lago? Of gaan ’n mens te ver as jy die twee probeer vergelyk? HANS PIENAAR gaan kyk na ’n uitgawe van die joernaal Safundi waarin nege akademici gevra is om raakpunte tussen die twee uit te wys.

SOWEL Jacob Zuma as Donald Trump sou tuisvoel in die oorlogsruïnes van Stalingrad. Zuma het sedert sy afdanking as president digby die 70 hofsake geloods en net agt daarvan was in sy guns; Trump het omtrent geen van die tientalle hofsake oor sy nederlaag in November laasjaar gewen nie. Maar verder is die verskille darem te groot: die kaalkop met die stortkop teenoor die pruikdraer met die oranje kuif; selfgeleerde beeswagter teenoor alumnus van die beste skole ter wereld; lid van die 2% toprykes teenoor die veelwywende pensioenaris wat black tax moet betaal en skynbaar nie kan oorleef sonder hulp onder die tafel nie.

Dit is die probleem waarvoor die Penn-universiteit se Rita Barnard ook te staan gekom het toe sy ’n negetal akademici gevra het om raakpunte tussen die twee te soek vir ’n spesiale uitgawe van die joernaal Safundi wat laat in November 2020 verskyn het. Sy verwys na Trevor Noah se klassifikasie in 2016 van kandidaat Trump in dieselfde rubriek as ’n Afrika-diktator, en erken dat so iets eerder ’n versobering bring oor die basiese premisse van die tydskrif, dat dit inderdaad nuttig is om vergelykings te tref tussen sulke twee uiteenlopende lande.

Omtrent elke bydraer wy dan ook uit oor die slaggate, en Neville Hoad beroep hom selfs op daardie staatmaker van akademici: die onbewuste – die feit dat Noah kan gekskeer daaroor, herinner ’n mens dat Freud gewys het hoe grappe ook toegang tot die onbewuste lewer. Tog is daar verrassend baie insigte behalwe dat hulle prokureurs en advokate ryk maak en ander sulke oppervlakkige raakpunte...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.