VSA: Nou’s dit AOC vs Trump

DIE NUWE BERNIE SANDERS VAN LINKSE POLITIEK

VSA: Nou’s dit AOC vs Trump

Alexandria Ocasio-Cortez se opgang is eenvoudig merkwaardig, skryf ARRIE ROSSOUW. Op net 31 het dié agterbanker wérklik mag in die Demokratiese Party. Aan die ander kant kry die ou rakker Donald Trump weer die Republikeinse rooi tapyt as presidensiële kandidaat vir 2024. Maar voor dan moet daar darem nog baie water − hofsake, bedrog, bankrotskap − in die see loop.

NÁ die onstuimighede in die Amerikaanse politiek die afgelope twee maande gaan die stof effe lê soos ná die landing van Perseverance op Mars. Pres. Joe Biden is besig om 'n greep op Covid te kry en hy het reeds baie van die skade van die Trump-era ongedaan gemaak met 'n stroom van uitvoerende bevele, nuwe beleidsinisiatiewe en die aanstelling van goeie, ervare kabinetslede.

Maar die radikaal-opponerende politieke kragte wat hulle die afgelope vier jaar tydens die Trump-administrasie op dramatiese en ontwrigtende wyse in die huishoudelike politiek uitgespeel het, het nie saam met die post-Trump-stof bedaar nie. 

En soos dinge nou staan, is daar twee spelers wat kop en skouers uitstaan en baie van pres. Biden se agenda en sy nalatenskap gaan bepaal. Een is Donald J. Trump, die 74-jarige leier van die hoofstroom-denke in die Republikeinse Party, en die ander een is Alexandria Ocasio-Cortez, 31-jarige agterbanker van die Huis van Verteenwoordigers en leidende stem van die progressiewe vleuel van die Demokratiese Party...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.