Prins Flip en die Donderbuyse

‘TYD VIR KONSERWATISME'

Prins Flip en die Donderbuyse

Flip Buys van Solidariteit sal moet wegkom van sy blindelingse, Trumpistiese verwerping van enigiets wat na ’n gewaande sosialisme ruik. Volgehoue staatsaksies die wêreld deur gaan nodig wees om die uitdagings die hoof te bied wat die mensdom in die gesig staar, skryf HANS PIENAAR.

DAAR sê Max du Preez “boe” vir Flip Buys en toe val sy onderrok sommer uit, tien duim se valletjies. Dit was ’n teleurstellende reaksie, want ’n paar van ons verwag steeds dat hy en enkele ander “konserwatiewe” geeste kreatief genoeg gaan word om ’n nuwe bedeling vir Suid-Afrika te help uitwerk, want die huidige een skep meer probleme as wat dit oplos. Maar deur te praat van Maxiste wys hy met een woord hy steek steeds vas in ’n Koue Oorlog-binêr, met sy reds under the beds, en sy pinkos wat te mak is om reds te wees.

’n Mens sou kon lekker terugkap met “Prins Flip en die Donderbuyse”. Net soos sy Britse eweknie wag hy tevergeefs vir ’n koningskap, ’n soewereiniteit, seggenskap oor meer as net ’n werf met Wi-Fi. Terwyl sy AfriForum-trawante eers skiet met hul Mausers en dan sê, gee my die Grondwet aan, Boet. Maar ons moet liewer ernstig bly, want ernstige debatte lê voor terwyl dinge om ons in duie stort.

As ek skryf dat Buys en Kie dalk nie kreatief genoeg gaan wees nie, impliseer ek geensins dat hulle nie reeds is nie. Inteendeel, dit is tot Buys se bykomende krediet dat sy Solidariteit Beweging ’n soort vergaderboom geword het vir intellektuele met uiters interessante idees oor hoe ons in hierdie deurmekaar land met sy deurmekaar mense kan vooruitboer. Ek is net bevrees dat sekere blokkerings, sekere inhibisies hulle gaan keer om uit te breek en iets werklik vernuwends vir almal te ontwikkel...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.