Om studenteskuld af te skryf sal ’n fout wees, nie ’n kitsoplossing

DÉJÀ VU IN DIE STRATE

Om studenteskuld af te skryf sal ’n fout wees, nie ’n kitsoplossing

Betogings oor studentebefondsing is ’n broeines van politieke kapitaal. Maar hierdie protesoptogte is op ware griewe gegrond en ons sal ’n volhoubare oplossing móét vind om stabiliteit in hoër onderrig in Suid-Afrika te verseker, skryf CLAUDI MAILOVICH.

  • 26 Maart 2021
  • Nuus & Politiek
  • 9 min om te lees
  • artikel 12 van 27
  • Claudi Mailovich

MENSE het waarskynlik vroeër vandeesmaand ’n gevoel van déjà vu in Braamfontein se strate ervaar toe betogende studente en die polisie oor universiteitsgelde en finansiële uitsluiting met mekaar slaags geraak het.

Dié stryd het in ’n treurspel geëindig toe ’n toeskouer, Mthokozisi Ntumba, skynbaar deur ’n polisiebeampte doodgemaak is. Dít het mense eers woedend gemaak – die protes het na universiteite landwyd versprei en universiteitsbestuur en die minister van hoër onderwys en opleiding, Blade Nzimande, na die tafel gedwing om ’n oplossing te soek.

Hierdie nuutste ronde betogings volg net meer as vyf jaar nadat die Fees Must Fall-beweging universiteite in Suid-Afrika tot stilstand geruk het. Studente het in dié protes, wat ook by Wits begin het, gratis en “gedekoloniseerde" hoër onderrig geëis...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.