JA, oukei, ek is ’n romantikus en het nog altyd gedink Jaco Pastorius en Joni Mitchell saam het goeie musiek afgegee. Ek meen, twee van die grootste musiekgeeste van ons tyd spring in 1976 saam in die bed – letterlik en figuurlik – en ons ore tuit vandag nog.
Pastorius het Mitchell in 1976 ontmoet, en hom aldus aan haar bekend gestel: “My name is John Francis Pastorius the Fourth and I am the greatest bass player in the world.”
In daardie stadium is Mitchell beskou as die beste vroulike sanger-komponis van die tyd, ’n Kanadese folkie wie se musiek besig was om weg te groei van haar kitaar in die rigting van ’n voller klankmasjien: tromme, baskitaar, koperblasers en allerlei klawerborde...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
As jy te oud raak vir acid rock ...