Reuse-oorwinning vir Zim-boere is Zuma se skuld

IN DIE HOF

Reuse-oorwinning vir Zim-boere is Zuma se skuld

Danksy die uitspraak deur die Hoogste Hof van Appèl verlede week kan benadeelde Zimbabwiese boere nou eise teen die SA regering instel. In ’n grondwetlike demokrasie kan staatshoofde nie besluite neem wat buite hul mandaat is nie, skryf LAURIE GREYVENSTEIN.

  • 27 Mei 2022
  • Nuus & Politiek
  • 2 min om te lees
  • artikel 12 van 27
  • Laurie Greyvenstein

DIE saak spruit uit die voortslepende geskil tussen Zimbabwiese boere en die Zimbabwiese regering nadat die tribunaal van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) reeds in 2007 vir die eerste keer in die guns van die boere beslis het.

Die Zimbabwiese boer Mike Campbell het in 2007 opslae gemaak toe hy en 78 ander boere daarin kon slaag om die SAOG se tribunaal, ’n hof met internasionale aansien in Suider-Afrika en in Windhoek gesetel, te oortuig om die Zimbabwiese regering te verbied om op hulle grond beslag te lê, of om hulle en hulle werknemers van die grond te verwyder.

Zimbabwe het die bevel verontagsaam, sy grondwet gewysig om vir grondonteiening sonder vergoeding voorsiening te maak, en bepaal dat geen eise teen sodanige optrede in ’n geregshof ingestel kan word nie. Die boere het die tribunaal weer genader en ’n bevel bekom dat hulle op vergoeding geregtig was en dat die Zimbabwiese regering aan hulle regverdige vergoeding moet betaal. Die bevel het op dowe ore geval en Zimbabwe het formeel van die tribunaal onttrek en met gewelddadige grondonteiening voortgegaan...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.