Jan Horn is 'n regisseur van dokumentêre televisieprogramme en 'n skrywer. Hy was die regisseur wat die eerste TV-uitsending in 1975 uitgesaai het. In sy 23 jaar by die SAUK het hy verskeie dokumentêre programme vervaardig, en gedurende sy 11 jaar met 50/50 spits hy hom toe op die antropologiese, argeologiese en paleontologiese geskiedenis van Suid-Afrika.
SLAPGATHEID KELDER ONS
‘P’ staan vir pa-staan
In die piskrieksage in Stellenbosch wat nou landswyd uitkring, sal geregtigheid vir die slagoffer geskied, maar ons as Suid-Afrikaners sal net nog verder verdeel word en rasse-onmin word aanblaas. Wie wen en wie verloor, vra JAN HORN.
Deel
VERLEDE Vrydag se Vrye Weekblad was ’n skatologiese kragtoer. Tussen Piet Croucamp se P-ervaring in Bothaville, Stellenbosch se piskriek-petalje en André-Pierre du Plessis se “Huis Marais soos ons dit geken het”, is die letter “p” tot nuwe status verhef. Voeg daarby dat sowel die manlike as vroulike geslagsorgane in kru taal met ’n “p” begin en die letter kry adelstatus in Afrikaanse kru taal.
Ek het ook, soos seker alle Maties-alumni, ’n mooi brief van prof. Wim de Villiers, rektor van die Universiteit Stellenbosch (US), ontvang wat begin met “Dear Jan”, eers in Engels, opgevolg met “Beste Jan”, in beste Afrikaans. Dit was nogal goed om te weet ná 50 jaar onthou die universiteit my nog. Prof. Wim vra om verskoning vir wat gebeur het en verduidelik dan hoe die universiteit alles in hulle vermoë sal doen om geregtelikheid te laat geskied.
Ek het teruggeskryf. Ek weet nie of hy dit ooit sal lees nie, maar mens moet doen wat jy moet doen...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelJan Horn
SkrywerJan Horn is 'n regisseur van dokumentêre televisieprogramme en 'n skrywer. Hy was die regisseur wat die eerste TV-uitsending in 1975 uitgesaai het. In sy 23 jaar by die SAUK het hy verskeie dokumentêre programme vervaardig, en gedurende sy 11 jaar met 50/50 spits hy hom toe op die antropologiese, argeologiese en paleontologiese geskiedenis van Suid-Afrika.