Kies ’n korma as dit kerrietyd is

FYNPROE

Kies ’n korma as dit kerrietyd is

Kyk, vleis kos dalk laaankal nie meer wat dit in 1990 het nie, maar hierdie resep uit NETTIE PIKEUR se pen bly ’n wenner!

NIEMAND het ooit sou dink dat die prys van enigiets, veral voedsel, ooit weer sal daal nie. Maar dit het. Rooivleis is goedkoper as wat dit 'n jaar gelede was. En skielik is ons gunsteling-bredies en -kerriekos weer bekostigbaar, want ons hoef nie alewig hoenderstukke te gebruik nie.

Maak tog 'n egte Indiese kerriepot, neul 'n vrind. Nie een wat brand nie hoor, ons wil nie brand nie, ons wil geur hê, en die gereg moet al die trimmings ook hê, nes ons oorle pa dit altyd gemaak het. (Ons pa was nie 'n groot kok nie, maar hy het in sy middeljare 'n bevlieging gekry oor egte Indiese kos wat hy nooit platweg kerrie genoem het nie. Hy het ure lank in die kombuis kon staan en vars speserye maal en ditjies en datjies byvoeg. Madhur Jaffrey was sy heldin, en An Invitation to Indian Cooking sy bybel).

Toe draf ek na my vriendelike slagter in Somersetweg, en lo en behold het hy kalfsvleis, gewoonlik peperduur, maar dié keer heelwat minder as R10 per kg, met 'n paar bene in, vra ek. Want 'n goeie Indiese vleisgereg is soos ons bredies: Hy vra vir 'n paar bene vir geur. Die vleis is natuurlik heerlik sag (’n Ingelse vriend stry alewig dis nie kalfsvleis wat ons hier kry nie, dis baby beef, maar basta.)..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.