Ex Africa semper aliquid novi, lui die tweeduisend jaar oue uitdrukking. Sou 'n onafhanklike Wes-Kaap weer eens kan bewys dat daar altyd iets nuuts vanuit Afrika kom, vra HANS PIENAAR. Want dan is 'n Guevara nodig.
NOU die dag vra iemand vir my wat ek dink van onafhanklikheid vir die Kaap. Ek antwoord toe taktvol dat dit nie onmoontlik is nie. Maar ten spyte van my goeie maniere verstaan hy my verkeerd en volg 'n opgewonde bekentenis dat hy ook dink die Kaap moet onafhanklik word. Dit word desondanks 'n lekker gesprek, hoewel ek toe nie die kans kon kry om my caveat by te voeg nie: Alleen as Che Guevara die leidende gees vir so 'n beweging word, kan dit werk.
'n Mens moet onderskei tussen 'n onafhanklikheid wat werk in die sin dat dit hoegenaamd prakties is, en 'n onafhanklikheid wat, as dit eers bereik is, gaan werk om die Wes-Kaap 'n beter plek as die res van Afrika te maak. En as Afrika altyd in staat sal wees om iets nuuts op te lewer, is 'n goedgemanierde Kaapse staat geen uitgemaakte saak nie.
Dat die kwessie nou deel is van die politieke agenda, is gewis. En dis nie omdat die Vryheidsfront Plus dit daar geplaas het nie. As die land se nasionale opposisieparty 'n oorwegend wit leierskap verkies, is dit omdat hy sy kanse bereken het om die ANC uit die kussings te lig – en dis so skraal soos altyd. Dit maak meer sin om te begin maneuvreer vir 'n geheel nuwe strategie, een van plaaslike regering opbou totdat dit eendag op 'n federale staat uitloop...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
DJY, JOU MA SE CHE
Slaapstad kan tans net droom van Kaapstaat
Ex Africa semper aliquid novi, lui die tweeduisend jaar oue uitdrukking. Sou 'n onafhanklike Wes-Kaap weer eens kan bewys dat daar altyd iets nuuts vanuit Afrika kom, vra HANS PIENAAR. Want dan is 'n Guevara nodig.
Deel
NOU die dag vra iemand vir my wat ek dink van onafhanklikheid vir die Kaap. Ek antwoord toe taktvol dat dit nie onmoontlik is nie. Maar ten spyte van my goeie maniere verstaan hy my verkeerd en volg 'n opgewonde bekentenis dat hy ook dink die Kaap moet onafhanklik word. Dit word desondanks 'n lekker gesprek, hoewel ek toe nie die kans kon kry om my caveat by te voeg nie: Alleen as Che Guevara die leidende gees vir so 'n beweging word, kan dit werk.
'n Mens moet onderskei tussen 'n onafhanklikheid wat werk in die sin dat dit hoegenaamd prakties is, en 'n onafhanklikheid wat, as dit eers bereik is, gaan werk om die Wes-Kaap 'n beter plek as die res van Afrika te maak. En as Afrika altyd in staat sal wees om iets nuuts op te lewer, is 'n goedgemanierde Kaapse staat geen uitgemaakte saak nie.
Dat die kwessie nou deel is van die politieke agenda, is gewis. En dis nie omdat die Vryheidsfront Plus dit daar geplaas het nie. As die land se nasionale opposisieparty 'n oorwegend wit leierskap verkies, is dit omdat hy sy kanse bereken het om die ANC uit die kussings te lig – en dis so skraal soos altyd. Dit maak meer sin om te begin maneuvreer vir 'n geheel nuwe strategie, een van plaaslike regering opbou totdat dit eendag op 'n federale staat uitloop...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelHans Pienaar
SkrywerHans Pienaar is ’n 2018-skryfgenoot by die Johannesburg Institute for Advanced Study en skryf dramas, romans, kortverhale, gedigte en niefiksie in Afrikaans en Engels.