Tussen die kerk en die klerekas

DIE BELL BOTTOM BLUES

Tussen die kerk en die klerekas

Modes kom en gaan, maar net soos hy sal daar altyd êrens op ’n dorp ’n kind wees wat smag om anders te wees – en klere hiervoor inspan, skryf FREDERIK DE JAGER.

DIE tyd toe die dominee nog kon sê – en hét hy nie gesê nie. Toe mens HO de Villiers se voorletters soos ’n stel rugbypale geteken het met ’n bal wat suiwer tussendeur trek, al was sy laaste toets, in Cardiff, al verby. En toe 1976 nog op ’n veilige afstand was en ons gewetens verskans, toe die rooi borde op die sypaadjie langs Kusweg kon verkondig: Strand En See Slegs Blankes, en ons geweet het dit beteken óns. Dit was die tyd toe nuwe haartjies begin ontkiem en lote stoot het.

Twintig jaar later sou ek, ’n onwaarskynlike onderwyser, voor ’n klas 13-jarige seuns staan waar ek dié onrustige krieweling onmiddellik kon herken. Lywe het hulle in kinkels gewriemel om uit die vorm vry te kom, aandag het rondgespring soos ’n laser in ’n spieëlkamer, alle sinne was gepiekel in testosteroon. En dit het gestink. Sweet en winde en wat nog dui op onvoldoende reiniging van die jeugdige persoon. Jou bedenklike vermoedens van reuke wat, vaderweet, ander vorme van selfadministrasie verraai as die loflike en die higiëniese.

Wat my en my huis betref: Ons het die heersende moraal gedien. Onsself gesien as voorbeeldige mense, in weerwil van sekere getuienis tot die teendeel. Welke getuienis uit die openbare domein sal bly...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.