EK sweer snobs teiken my. En dis omdat ek so mak lyk soos ’n skaap. Net nou die dag vra ’n vrou in ’n tweedehandswinkel uit die bloute vir my: “Gaan jy dikwels oorsee?” En die alarmklokkies begin lui in my kop. Want ek kliek op die plek sy is ’n snob. En sy wil oor snobberige goed praat met my. Ek lyk soos ’n goeie audience.
Nes baie ander mense het ek op ’n tyd aan snobsiekte gelei. Ek het gesprekke gelei na Franse sangers soos “Ediet Piaf” en na Russiese skrywers wat altyd depressief was. Ek het boeremusiek gehaat, en vir Tolla van der Merwe, en die ATKV se rondawels in Hartenbos. En vir Hartenbos in die besonder. Dit het jare gevat voor ek oor die snobsiekte gekom het.
Nou wonder ek hoe ek só geraak het. Is snobsiekte ’n virus wat mens inkry in water? Of is dit iets wat in die lug is? En hoekom kry net sekere mense dit? Is dit omdat hulle vergrote porieë het? Ek het ’n hele paar sulke porieë op my neus. En ek sweer dis waar die virus ingekom het...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.