×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
’n Polfyntjie vir die donker dae

IETSE VAN DIE HART

’n Polfyntjie vir die donker dae

ANASTASIA DE VRIES skryf oor die dag toe ’n oudstudent vir haar ’n slawatjie kom bring het. En sy gesien het hoe die ‘angry young woman’ verander het in ’n jong man met ’n vredige, skaam glimlag. Weg was die bot, geslote gesig, die krom skouers. ‘Skryf solank my storie,’ het hy gevra. ‘Ook dat ek nou vrede het, dat ek gelukkig is.’

HY’T vir jou ’n slawatjie kom bring, sê Ebrahim so tussen die kwashale deur. Is daam maa dêm mooi, sê hy en staan tru om sy handewerk te betrag. Vir ’n moment wis ek nie of hy van my kombuismure praat wat hy met “Passionate Red” en “Daffodil Yellow” verf of van my oudstudent se slawatjie nie. Isse woord vir ietse wat uit die hart uit gegee word, bring hy my by, die woord “slawat”. Hy sê gewoonlik sê mense “ek gie vi jou ’n slawatjie” wanneer hulle vir jou ’n geldjie of so in die hand druk, met die bedoeling dat al is dit min, kom dit uit die hart uit. Vir hom is slawat ook die kosbare ietse wat jy ’n ander skenk, ietse van die hart.

Amper soos polfyntjie, sê ek, volgens ’n woordeboekbetekenis ’n pand, iets wat mens in bewaring hou. Slawatjie. Ek moet dit opskryf, sê ek. Polfyntjie/slawatjie. En die storie vertel van ’n oudstudent wat in dese donker dae vir my ’n slawatjie, polfyntjie kom gee het.

Die mens in die deftige pak klere wat by my voordeur instap, wil-wil bekend lyk. Die gesig is hoekiger as wat ek onthou, ’n klos hare bo-op ’n byna kaalgeskeerde kop, die stem diep, grinterig toe hy groet. Ek ken nie die lag in sy oë nie. Hy sê hy is een van jou studente, verklaar miste Pollie, die boukontrakteur wat al my wilde idees moet uitvoer. En jy is, vra ek so ordentlik soos wat mens in jou verbouereerdheid maar ’n vreemdeling kan vra. Hy sê sy naam en van. Ek sluk amper my kleintongetjie in. Die angry young woman, soos die derdejaars haar gedoop het, was weg. Die bot, geslote gesig, die krom skouers. Weg. In haar plek ’n jongman – kom ons noem hom P – met ’n vredige, skaam glimlag...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X