‘Ons’ versus ‘hulle’: op soek na ’n nuwe Suid-Afrikaansheid

OP SOEK NA SONDEBOKKE

‘Ons’ versus ‘hulle’: op soek na ’n nuwe Suid-Afrikaansheid

Suid-Afrikaners definieer hulself te maklik in terme van wat hulle nié is nie, en boonop binne eng beskouings van nasionaliteit. Ons moet beter doen as om aan te sluit by die groeiende koor wat sing ‘ons is nie buitelanders nie’, skryf SISONKE MSIMANG.

  • 08 April 2022
  • Vrye Denker
  • 11 min om te lees
  • artikel 9 van 28
  • Sisonke Msimang

’N PAAR weke gelede het ’n rumoerige skare van tienduisende mense in Parys, Frankryk, byeengekom om Éric Zemmour, ’n regse politikus wat hom as deel van sy presidensiële veldtog venynig teen immigrante uitspreek, toe te juig. Net maande tevore het hy beweer dat kindermigrante – baie van hulle uit Afrika en die Midde-Ooste – “diewe, moordenaars en verkragters” is.

Dis onwaarskynlik dat Zemmour sy politieke ambisies sal vervul. Tog was hy suksesvol in sy mobilisering van steun vir “the great replacement”, ’n vreemde samesweringsteorie wat gereeld deur die Amerikaanse omroeper Tucker Carlson en ander nasionalistiese figure wêreldwyd verkondig word. Die kern van dié teorie is dat elites teen wit mense saamspan met die doel om hulle met Afrikane en mense uit die Midde-Ooste te vervang – ’n “volksmoord deur vervanging”.

Hoewel Zemmour se uitsprake dikwels ooglopend vals en doelbewus verdelend is, glo sy ondersteuners hy “veg om te keer dat Frankryk verdwyn”...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.