DAAR is ’n nuwe weergawe van die gesegde dat as Amerika hoes, dan kry die res van die wêreld verkoue. Dit lui: As Donald Trump en Tucker Carlson hulle bekke rek, dan raak Suid-Afrika se regses so opgewonde dat hulle bietjies-bietjies in hulle broeke pie.
Julle het seker al kennis geneem van die stormpie onder regses en Trump-ondersteuners in Amerika oor die Disney-groep se verklaarde voorneme om voortaan ook karakters uit die LGBTQ+-gemeenskap uit te beeld. Dit was in reaksie op druk van ’n groep Disney-werknemers wat gesê het die korporasie sensureer LGBTQ+-inhoud. Fox News en Trump se MAGA-bende blaas dié gefabriseerde kontroversie aan.
Die popsanger en regse voorbok Steve Hofmeyr hoor toe daarvan toe hy in die woestyn van Namibië op toer is, en net daar benat hy homself. In ’n video op Facebook verklaar hy: “Waar my generasie geleer het om met muise, eende en honde te praat, gaan ons kinders geleer word om met muise, eende en honde seks te hê. Daardie verhouding met diere is deel van daardie + aan die einde van LGBTQ.”..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.