Die hartklop van die huiswerker

BEKROONDE BEELDHOUWERK

Die hartklop van die huiswerker

Kleintyd het HENK SERFONTEIN na Deborah se hartklop geluister terwyl sy vir hom sit en lees. Ondanks hul intimiteit het sy wit naïwiteit gemaak dat hy onbewus was dat sy in ’n ander wêreld woon as hy. Die beeldhouer Mary Sibande se kragtige beeld van ’n huiswerker op ’n perd se rug breek daardie stereotipe volledig af.

DIT was by ons huiswerker Deborah wat ek geleer het ’n songolôlo is ’n ander naam vir ’n duisendpoot. Die kriewelrige wurm het oor die palm van my hand geloop en voor ete het sy my gehelp om my hande met groen Sunlightseep te was. Dit was ook Deborah wat my geleer het om uit stywepap klei-osse te vorm. Dan het ons die pap-osse deur die tamatie-en-uiesmoor gesleep en geëet. Ons private pap-en-sheba-ritueel in die son.

Daar was die keer toe sy met ’n tangetjie versigtig die dorings uit my duim en voorvinger verwyder het nadat ek domastrant ’n paar turksvye kaalhand in die hoek van die agtertuin gepluk het. Dis uit haar kamer met die reghoekige venstertjie hoog bo waar ek soms die musiek van Miriam Makeba en Harry Belafonte gehoor het. Die enkele kere wat ek in haar kamer toegelaat is, kon ek met my eie oë sien dat haar bed regtig op rooibruin bakstene staan om haar te beskerm teen die tokkelossie. Daar was ’n mooi, opgevoude kombers met Afrika-patrone op die voetenent. Onder die bed was die ry Coke-bottels wat ons op ons jaarlikse Margate-vakansie vir haar met seewater en sand gevul het. Vir my was dit baie belangrik dat daar ’n paar skulpe ook ingesluit moes wees as bewys dat dit nie sommer gewone kraanwater is nie. In my kindergemoed moes Deborah se seewater spesiaal wees. Dit was haar medisyne wat sy bietjie vir bietjie soos towerwater teen kwale gebruik het.

Sy was vir my, soos die titel van Ena Jansen se boek oor stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste, ook “soos familie”. Amper familie, maar ook nie heeltemal nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.