MY broer sê als lê nog vir my ook voor. Dis nou toe ek goed stoom opgewerk het voor die opwasbak oor die oues rondom my wat al hoe meer skete en pyne het. Kan dit nie uitstaan nie, laat ek van my hoor. Die wiel die draai, maan hy. Wag jy maar. Wat bedoel jy? Die shuffle. Die traagheid om te was. Die broek dra met vuil kolle. Die vurk opsyskuif en met ’n lepel begin eet. Stukkies kos op die bolip agterlaat. Hare in slierte laat hang langs krimpende skedel. Ophou worry oor die bruingevlekte tanne. Die bed vol krummels. Juice mors op pad bed toe en so met die sokkie daarin trap. Strompel oor die hond se kosbak. Kar in eerste rat pad af jaag.
Nee, nie ek nie.
Ons kyk maar. Die tyd sal wel leer...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.