Hulle wat die pad saam met my stap

WÊRELDDAG VIR ONDERWYSERS

Hulle wat die pad saam met my stap

Die waardering onder studente vir die ‘Doktor Hannesse’ wat die pad saam met hulle geloop het, was nie altyd daar nie, skryf ANASTASIA DE VRIES oor haar universiteitsdosente. Maar selfs nou, jare later, weet sy vir seker sy is nie alleen nie.

WANNEER die krokusse blom, word alles weer goed ...

Ek onthou dit soos gister, dié woorde. Die papier waarop dit geskryf staan, is al aan’t vergeel, voos gevat, die woorde dof. Vashouwoorde. Kraggeewoorde. Gewoonlik word ek dié tyd van die jaar weer kind, terug in die klas van my juffrou wat my “ingevat” het toe ek kwalik oud genoeg vir grootskool was. Ek ruik die witkryt en kanferroom aan haar hande. Terug in die klas van my meneer wat die stories in my kop kon uittoor sodat ek kon sien hoe hulle in my eie handskrif lyk. Hy’t nog al my stelwerk van die eerste tot die laaste jaar op hoërskool, sê hy elke keer wanneer ons mekaar raakloop. My meneer vergeet nie.

Ons het ’n week of wat gelede weer Wêrelddag vir Onderwysers gevier. My juffrou. My meneer. Dankie kan nooit genoeg dank wees nie. Al hoor hulle dit dié keer nie uit my mond nie en al sal hulle soos altyd sê dis onnodig, hulle is tog tot die onderwys geroep. Ek word soos gewoonlik dié tyd van die jaar weer kind. Om hulle te gedenk. Al het die grootmenswêreld gekom. Student wees. Ons was meer as 50 in die eerstejaarklas vir Nederlands. Een ná die ander word die dosente aan ons voorgestel. Doctorandus Wium van Zyl. Doctorandus Susan van der Ree. Doctorandus Edwin Venema. Ons herken die Nederlandse titel nie, hoor verkeerdelik “doktor Hannes So-en-So” en lag onder mekaar vir die snaakse Nederlanders wie se name dan kwansuis almal “Hannes” is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.