Olga en die Tuin van Getsemane

VROUEMAAND

Olga en die Tuin van Getsemane

ANASTASIA DE VRIES vertel van liefde in ’n tyd van oorlog, van liefhê ondanks oorlog. Wat dit is om in die oorlog te bly lééf. En van die dag toe haar vriendin by die Tuin van Getsemane weggewys is.

DIT vang jou keer op keer, skryf sy, soos ’n droom waarin jy nie genoeg tyd kry om die mees belangrike ding te verstaan nie. Die tot nou toe onbegrepe plekke wat sy eens as ondersoekende joernalis verken het. Tel Aviv. Jerusalem. Beiroet. Sarajevo. Tbilisi ... Vir haar, Olga Reka, het dit ’n voortslepende oorlog in haar eie land en ballingskap gekos om uiteindelik die ritme te verstaan waarin dié stede al die tyd gelewe het, steeds lewe. Dáár dra vroue klere sonder blompatrone. Dis seker onmoontlik om jou daar met blomme te tooi, het sy gedink. Dáár eerder grys en kakie met pers, rooi, oranje, groen, blou en is swart ’n immergewilde kleur. Dáár, in daardie plekke het die vroue “Bybel-oë”, het sy loop en verkondig.

En eers nou, nou eers verstaan en weet sy wat daardie oë wou vertel: van liefde in ’n tyd van oorlog, van liefhê ondanks oorlog. Nou kyk sy in die spieël, en sy kyk in die oë van daardie vroue, vroue met oë duisende jare ouer as hul glimlagte. Hoe mooi was hulle nie, sê sy dan. Sy sou nooit weer terugkeer huis toe nie, het sy gesweer; daar was niks en niemand van haar meer oor nie, niemand wat op haar wag nie. Maar toe word sy een van “hulle”, ’n vrou wat noodwendig verlief sou raak op ’n man wat weet wat dit is om in en ondanks die oorlog te leef. Een van haar “eie”. Omdat hy verstaan hoekom die oë van ’n vrou veel ouer as haar glimlag kan wees. Soveel keer het sy soveel stede in haar gedagtes herbesoek. Sy kon nie verstaan wat sy sien nie, wat sy verkeerd doen dat hulle hul oë voor haar neerslaan nie. Eers nou verstaan sy. Hoe verkeerd sy haar vrae gestel het, hoe sy haarself nie genoeg tyd gegun het om die vrae te deurleef wat daardie vroue nodig gehad het om gevra te word nie.

Vroue met Bybel-oë..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.