Ons leef in absurde tye, maar veilige Vrouemaand vir jou

KWAI, JOSHUA, KWAI!

Ons leef in absurde tye, maar veilige Vrouemaand vir jou

Die hart van ’n kind onthou, al vergeet sy kop. En soms moet jy die stukkie kind doer diep onder al hul hardgeit loop uithaal, skryf ANASTASIA DE VRIES.

DAG EEN. En die nuus is nie goed nie. Nie vir vroue nie. Nie vir kinders nie. Vir mans, onder andere praatjies van chemiese kastrasie. Curioser and curioser, sê ’n vriendin soos ’n moedelose Alice in Wonderland, hierie land. Ons leef in absurde tye. En die betekenisloosheid van dit alles hap ons aan onse dingese. Maar veilige Vrouemaand vir jou. Sy gaan vir eers in ’n hopie sit en huil en bid en dan haar geliefde Albert Camus aanroep, hy wat gesê het: “Accepting the absurdity of everything around us is one step, a necessary experience: it should not become a dead end. It arouses a revolt that can become fruitful.” Sy móét in iets bly glo, anders bly sy net hier neer teen die grond.

Elders het die revolt al begin. ’n Stille revolt. Op die speelgrond van ’n skool vir kinders met spesiale behoeftes. Die video wat na my foon gestuur is, kom met ’n storie. Eintlik eers agterna. Want die video moes vertel van die vreugde van ’n seunskind wat uiteindelik die kuns van tolkap bemeester het. Die kamera zoem in op sy gesig, snaarstyf van konsentrasie op die tol in sy hand. Gereed, Joshua? vra ’n stem. Hy trappel rond, nee wag eers Juffrou. En dan: Juffrou kan maa tel. Sy tel: Op jou merke, gereed … Joshua kap sy tol dat die klippertjies spat. Die tol draai en draai en draai. Hy storm nader, tel die tol met oopgesperde vingers op, lig dit oor op sy handpalm. Met die tol wat draai en draai op sy hand, hardloop hy met ’n oopmondlag na die stem wat hom aanpor: Kwai, Joshua, kwai! Joshua is kwai, Joshua is kwai, eggo hy.

Oë soos Krismisliggies..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.