HY lyk uit plek uit, die ou man met die ring wit hare soos ’n kroon om sy bles. Hy moes nie hier gewees het nie, dink ek waar ek hom van agter staan en betrag. Immers was dit eens ’n plek van vroue, vroue wat hul lewe aan ’n God van liefde en diens aan sy mense gewy het. Nou net ’n plek wat jou sal vind as jy lank genoeg aanhou loop, verby die sirkel in ’n pad wat jou weglei van waters waar rus is, terug dorp se kant toe. Jy kan dit mis, dié plek. Nun’s Pool, volgens dié wat weet.
Hy sit in die middel van die bankie, die meneer, sy arms oor die leuning oopgesprei. Sy kierie soos ’n mens langs hom. Ek gaan sit op die gras, ’n ent weg van hom af. Voor ons ’n swemplek met ’n langerige aanloop, ’n soort getypoel waarin lank gelede slegs vroue gebaai het. Iets mistieks het oorgebly, ’n vredigheid. Miskien vind jy hier wat jy dink jy verloor het, het ’n vriend my die pad hierheen beduie. Dié jaar se Julie is net een lang verskrikking, het ek gesê. Dis die maand waarin my pa sou verjaar het en ek soos gewoonlik sy lewe sou vier. Maar dié jaar, die jaar kon ek nie onthou hoe my pa geruik het nie. Of die see by Kalkbaai, die bos in Nederland se Appeldoorn met sy mosgroen grondreuk, reuke waarin ek nog keer op keer kon terugkeer na die huis wat my pa was. Dié Julie. Ek, dolend na reuke vir die onthou.
Hy weet van ’n plek, het die vriend gesê, as jy ver genoeg van die sirkelpad af inloop, sal jy dit kry. Dis hier waar hy met sy vrou gaan praat as hy oorhoops met die lewe raak en die hemel waar sy is, te ver is. Dalk vind jy hier wat jy dink jy verloor het, het hy gesê. En toe vind ek ’n ou man met die liggrys oë van ’n jong seun en ’n strook wit hare wat verbete al om sy agterkop groei. Ek het geskrik toe die ding my tussen my blaaie tref. Vader help, dis net ons twee op hierdie stukkie verlate aarde. Ek het opgevlieg, gereed vir die aanval. Met sy voorvinger het hy gewys na iets op die grond. Eet, het hy gesê. Ek het die lemoen opgetel, dit stadig begin afskil, my oë steeds waaksaam op die gewer. Eet, het hy herhaal. Ek het die lemoen oopgebreek. Dankie, het hy gesê. Oor die afstand tussen ons kon ek net glimlag, nog te vreemd vir woorde, te vreemd vir hom...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net
vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
WATERS WAAR RUS IS
Die reuk van lemoene
Op haar oorlede pa se verjaardag besoek ANASTASIA DE VRIES die Nun’s Pool en ontmoet ’n ou man met die liggrys oë van ’n jong seun en die siel van ’n digter.
Deel
HY lyk uit plek uit, die ou man met die ring wit hare soos ’n kroon om sy bles. Hy moes nie hier gewees het nie, dink ek waar ek hom van agter staan en betrag. Immers was dit eens ’n plek van vroue, vroue wat hul lewe aan ’n God van liefde en diens aan sy mense gewy het. Nou net ’n plek wat jou sal vind as jy lank genoeg aanhou loop, verby die sirkel in ’n pad wat jou weglei van waters waar rus is, terug dorp se kant toe. Jy kan dit mis, dié plek. Nun’s Pool, volgens dié wat weet.
Hy sit in die middel van die bankie, die meneer, sy arms oor die leuning oopgesprei. Sy kierie soos ’n mens langs hom. Ek gaan sit op die gras, ’n ent weg van hom af. Voor ons ’n swemplek met ’n langerige aanloop, ’n soort getypoel waarin lank gelede slegs vroue gebaai het. Iets mistieks het oorgebly, ’n vredigheid. Miskien vind jy hier wat jy dink jy verloor het, het ’n vriend my die pad hierheen beduie. Dié jaar se Julie is net een lang verskrikking, het ek gesê. Dis die maand waarin my pa sou verjaar het en ek soos gewoonlik sy lewe sou vier. Maar dié jaar, die jaar kon ek nie onthou hoe my pa geruik het nie. Of die see by Kalkbaai, die bos in Nederland se Appeldoorn met sy mosgroen grondreuk, reuke waarin ek nog keer op keer kon terugkeer na die huis wat my pa was. Dié Julie. Ek, dolend na reuke vir die onthou.
Hy weet van ’n plek, het die vriend gesê, as jy ver genoeg van die sirkelpad af inloop, sal jy dit kry. Dis hier waar hy met sy vrou gaan praat as hy oorhoops met die lewe raak en die hemel waar sy is, te ver is. Dalk vind jy hier wat jy dink jy verloor het, het hy gesê. En toe vind ek ’n ou man met die liggrys oë van ’n jong seun en ’n strook wit hare wat verbete al om sy agterkop groei. Ek het geskrik toe die ding my tussen my blaaie tref. Vader help, dis net ons twee op hierdie stukkie verlate aarde. Ek het opgevlieg, gereed vir die aanval. Met sy voorvinger het hy gewys na iets op die grond. Eet, het hy gesê. Ek het die lemoen opgetel, dit stadig begin afskil, my oë steeds waaksaam op die gewer. Eet, het hy herhaal. Ek het die lemoen oopgebreek. Dankie, het hy gesê. Oor die afstand tussen ons kon ek net glimlag, nog te vreemd vir woorde, te vreemd vir hom...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Antjie: Stil broers, daar gaan ’n mens verby
Gee ons ’n blêrrie better life for all
‘In die meantime, sorg jy net vir sy hart’
Oor mense en dinge wat soos vel kom kleef
Kom ons praat reguit oor rassisme
Deel
-
Deel
Anastasia de Vries
Bydraende redakteurAnastasia is dosent aan die Universiteit van Wes-Kaapland, skryf soms, haar hartsgrond is in Ravensmead se lane en sy is mateloos verlief op haar studente, veral die eerstejaars.