‘In die meantime, sorg jy net vir sy hart’

DIE WREEDHEID TEENOOR KINDERS

‘In die meantime, sorg jy net vir sy hart’

In die tou by die kliniek raak mense sommer equals, skryf ANASTASIA DE VRIES. Anders as in die regte lewe worrie nie een wie of wat hulle vir mekaar is nie, watter colour of race of geloof hulle is nie. Hulle is net.

MENS vir mens raak die tou net al hoe langer. Dié op die stoele wag al van vroegdag voor ’n deur waarop “vaksines” geskryf staan. Oop kan hulle dit nie oopkyk nie. ’n Verpleegsuster woerts-warts in en uit by die deur van die babakliniek. Sy sal begin met die boosters sodra die bybies klaar is, sê sy. Die ander suster het laat weet sy is siek. Vandag is die dag van die bybies. Hulle tou al in die gang af en vermeerder nog soos vyf brode en twee vissies. Die grootmense moet maar wag.

Iemand staan uiteindelik sy stoel af aan ’n vrou met ’n knieserige kleuter wat opgetel wil wees. A nee a, kla sy terug, jy is darem net te dik en swaar. Sy sak op die stoel neer, tel die kind steunend en kreunend op haar skoot. Kleinkind, verduidelik sy vir niemand in die besonder nie. Sy pa, haar seun, is see toe nadat Covid vroeg in Januarie sy vrou gevat het. Dit kom mos nou van nie glo in ’n virus of vaksine nie en nou sit sy wat ouma is opgeskeep. Moenie, sê iemand twee stoele van haar af. Ysig, sag. Die vrou met die yskristalle in haar stem stoot haar hoed weg van haar voorkop, maak fronsend oë vir die ouma, beduie na die agterkop van die kleuter en pluk een, twee keer aan haar eie oor. Die kind kan jou hoor, mevrou!

Blank-onskillag, soos ’n vriendin altyd vir dié soort argeloosheid sê, ruk ouma haar op, breek nie ’n tak nie en bly net so staar na die oorkantse muur, woordeloos. Die kind op haar skoot dommel weg. Aan die einde van die ry stoele help ’n grootgeboude jongman, van kop tot tone in swart geklee, sy ma om regop te staan, stut haar met al twee sy hande terwyl sy haar bene strek. Such a blessing, dié kind van haar, sê sy met die received pronunciation van die kwien. Van jongs af erg geboelie oor sy lyf, is vettie-boem-boem en al sulke name genoem, toe haal sy hom uit die skool uit, maar tuisskool het hom eensaam gemaak. Vier jaar gelede trek hulle Suid-Afrika toe en sy sien hoe hy mettertyd weer gelukkig word, ’n groot man met ’n groot, sagte omgee-hart word, byna 18 jaar oud, eerstejaarstudent, sukkel nog met sy gewig, maar al wat saak maak, is dat hy ná alles ’n goeie, goeie mens geword het, sê sy...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.